Gevulde Hoender Boudjies

Dankie vir jou resep Jan

Bestanddele
18 Hoender boudjies
3 Eetlepels Peppadew stukkies
1 x 150g Fetakaasblokkies
10ml Sout
10ml Varsgemaalde swartpeper
1 Eetlepel gemaalde knoffel
10ml Roosmaryn

Metode:
Ontbeen die boudjies. Dop om en geur met sout en peper. Dop terug. Stop met feta en peppadew, knoffel en roosmaryn. Plaas oornag in yskas. Verhit oond tot 180°C en bak op oondrooster vir 25 minute. Kan ook op die kole gerooster word. Rooster net 15 minute oor die kole. Lewer 18 boudjies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 816 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *