Gewetensbeswaard

In die vroe jare sewentig was daar baie opstand teen die regering se beleid van diensplig.

Van die slim manne is universiteit toe na skool, hulle het grade gaan verwerf en die meeste van hulle is na universiteit na die weermag toe. Daar het hulle offisiers kursusse gedoen.

Dan was daar die klomp, wat ons op daardie stadium gehaat het, wat buiteland toe gegaan het om die diensplig te ontduik.

En dan was daar die mense wat gewetensbeswaar gehad het om na die weermag toe te gaan en diensplig te doen. Hulle beswaar het daarteen gegaan dat hulle nie wapens wil dra nie en nie mense doodmaak nie. So hulle is weermag toe, en die weermag het die klomp gebruik om los werkies te doen. Hulle het maar net rondgehang en sovêr ek kan onthou het hulle nie gedril en geskiet nie.

Daardie tyd het ons gedink dat die mense die bang gatte is. So word ʼn klomp van hierdie troepe in begin 76 gelaai om grens toe te gaan. Hulle taak is eenvoudig. Hulle moes Sisal gaan plant op die grenslyn. Eenvoudig en maklik.

Sisal is ʼn harde plant, en waar hy eers begin groei het, kan geen mens of dier deurkom nie. So die idee was om die Sisal te plant en dan in ʼn jaar of twee drie sal geen ter (terroris) ooit oor die grens kan kom nie.

Die weermag het die manne ʼn paar wagte met gewere gegee, nie om hulle op te pas nie maar om hulle te beskerm. Een aand op die kap lyn (Grensdraad) keer die manne terug na ʼn lang dag van sisal plant. Nadat hulle geëet het klap die eerste skote. Die ters het hulle
basis aangeval.

Op die grens is daar vir toilette diep slote gegrou. Oor die slote is dan Go Carts
(Plastiese toilette) gesit. Daar is seile om al die Go Carts gespan. Een van die troepe hardloop en spring deur die Go Cart en gaan staan in hierdie sloot van dinges. Daardie aand is daar 8 of nege troepe geskiet. Net die een wat in die dinges was, het oorleef.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 144 times, 1 visits today)
Advertisements
 

One thought on “Gewetensbeswaard”

  1. Ek lees hierdie grens-herinneringe met groot aandag, want hoewel ons almal destyds mans, broers en vriende gehad het wat grens toe is, het die vrouens wat agtergebly het maar weinig inligting uit hulle gekry wanneer hulle teruggekom het. Ons het die ander kant van hierdie geskiedenis ervaar – die wag vir briewe en die terugkeer van soldate, die spanning wat hoog geloop het met SAUK nuus-uitsendings elke aand, die bietjie inligting wat in koerante gegee is.

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *