Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk) ~ Atjar van Agurkies of Klein Komkommertjies

Laat 100 agurkies 3 uur lank in piekelwater (1 1/2 lb. sout ~ 750g sout) lê. Gooi die water af en droog hulle met ‘n skoon doek af. Neem nou 3 bottels asyn, 3 onse sout (85 g), 1/2 ons (14 g) Jamaikapeper (alspice), 1/4 ons (7 g) naeltjies, 1/4 ons foelie (Sien WOordeboek), ‘n halwe gerasperde neut en ‘n stukkie peprwortels (so lank soos ‘n vinger) en kook dit ‘n kwartier lank. Laat dit koud word en gooi dan oor die agurkies. Maak dit goed toe en laat dit 12 uur staan. Kook dit dan stadig totdat die agurkies groen word. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 155 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *