Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk), ~ Blatjang no 1

Een-en-‘n half pond (750 g) klam suiker, 3/4 lb (340 g) sout, 1/4 lb (113g) Knoffel, 1/4 lb (113g) uie, 1/4 lb fyn gemmer, 1/4 lb (113g) rissies, 3/4 lb (340g) mosterdsaad, 3/4 lb (340g) rosyntjies sonder pitte, 2 bottels asyn, 30 suur groen appels. Maak ‘n stroop van die suiker en ‘n glasvol asyn. Stamp die knoffel, uie en gemmer fyn en rol die mosterdsaad met ‘n rolstok fyn. Skil die appels, haal die pitte uit en kook dit gaar met 1 1/2 bottel asyn. Laat dit koud word en voeg dan al die ander goed daarby. Maak dit goed deurmekaar en maak die bottels vul. Kurk dit goed toe. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 95 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *