Jes 46V 3

Maandag 8 Desember. 2014 Tema: Wanneer ons moet ly 1
Ek stuur die dagstukkies tot en met Vrydag 12 Desemberuit
Ek wil net baie dankie sê vir elkeen wat hierdie bediening
ondersteun. Mag ons Hemelse Vader julle elkeen seën na die
rykdom van Sy genade
***My eie woorde
*** Wel so het die laaste maand van die jaar ook aangebreek.
Mens kan byna nie glo dat die jaar al weer byna verby is nie.
Desember is mos dan ook een van dié maande wat statistiek
bewys dat sovele mense hulle eie lewens neem. My gebed is dat
ons elkeen gefokus mag bly op Jesus Christus en Satan nie eers
‘n halwe kans sal gee om ons gedagtes so vas te vang nie.  Net
soos hierdie jaar amper verby is, net so sal dit wat jou nou
vasdruk ook verbygaan. Die Here sê nie jy moet Hom vashou nie,
nee, Hy belowe Hy sal jou dra….Hy weet ons is mens en ons
swak hand kan dalk gly. Dis ‘’n wonderlike belofte…hou jy vandag
daaraan vas dat jy niks hoef te doen nie behalwe om na Hom uit
te roep. Hy sal jou dra en red uit watter omstandighede ook al.
Onthou vir Job.
Jes 46V 3  Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel
van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die
moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;
4  en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe
sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék
sal dra en red.
GETUIENISSE en TERUGVOER
Kom ons bid in hierdie tyd ernstig vir diegene wat geliefdes aan die
dood afgestaan het. Mag die Heilige Gees ons Trooster hulle troos met
Sy teenwoordigheid en troos.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 8 Desember 2014
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Gert Venter 8 Des.
Markus Windsor 8 Des
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 52 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *