Jes. 53V4

Woensdag 10 Desember. 2014 Tema: Wanneer ons moet ly 3
****My eie woorde
****Christus dra ons nie net deur al ons nood en krisisse nie, Hy
het al ons sonde gedra sodat ek en jy wat Hom aangeneem het
die Ewige Lewe kan ontvang …verniet! Wanneer ons ons lewens
aan Hom oorgegee het vernuwe Hy ons elke dag en wanneer jou
naam uitgeroep word in die oordeel stap Hy saam met jou
vorentoe as Sy bloed gewaste kind. Wat ‘n liefde.
Jes. 53V4  Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en
óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een
wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van
ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede
aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons
genesing gekom.
6  Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad
geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op
Hom laat neerkom.
7  Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy
mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei
word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het
sy mond nie oopgemaak nie.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 10 Desember. 2014
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Bertie Koen 10 Des.
Albert Smit 10 Des
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 104 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *