Klaarstaan

Wanneer so ‘n groep op patrollie is vir ‘n paar dae dan word jou oorlewing instinkte baie opgeskerp. Daar is ook nogal ‘n magdom reels om te volg om te verseker dat jy en natuurlik die groep oorleef en veilig is.

Een van die ongeskrewe reels was dat jy nooit die pad wat jy geloop het moet terug loop nie. Want natuurlik bestaan die gevaar dat die ters jou sien op pad na jou teiken toe. Hulle kan dan ‘n lokval vir jou stel en dan le hulle net en wag vir jou om met dieselfde paadjie
terug te kom. Sodra jy dan terugkom begin hulle op jou skiet en so word baie manne dan gewond of gedood.

Nog ‘n oorlewerings truuk is om klaar te staan. In die oggende voor sonsopkoms en dan in die aande voor sonsondergang moet jy klaarstaan. Jy gaan le en dan kry jy ‘n area wat jy moet dek. Jy kyk stip na daardie area.

Hoekom mens dit moet doen is omdat baie aanvalle in daardie rukkie voor sonsopkoms en voor sons ondergang gebeur. As jy klaarstaan dan sien jy jou omgewing en is gewoond aan jou omgewing. Indien die aanval gebeur kan ‘n mens onmiddellik reageer en ‘n teenaanval loods.

So is ons on die bos en doen alles volgens die boek. Ons gaan doen ons klaarstaan. Le almal so in die bos op die grond om ons tydelike kamp. Dit raak donker. Almal is stil. Net toe die son sy kop agter die horison beweeg hoor iemand in ons sektor voetstappe.

Hy staar stip na die plek waar hy voetstappe hoor. Skielik so in die donkerte sien hy iets wat vir hom soos beweging lyk. Hy trek los en skiet ‘n skoot. Dit was wat ons nodig gehad het. Almal in ons sektor trek los en skiet in die algemene rigting.

Ons offisier skreeu staak vuur. Ons le nog so rukkie en hoor niks. Doodse stilte. Naderhand besluit die offisier dit is nou tyd om ondersoek te gaan instel om te kyk of ons die ter raakgeskiet het. Versigtig is hy na die plek met ‘n flits. Daar aangekom begin die man hardop lag.

Ons het ‘n donkie in sy moer geskiet.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 77 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *