LAMSBOUD MET GROENVYE EN ROOIWYN

Met dank aan www.funkymunky.com

Bestanddele
1 lamsboud, ongeveer 1,5 kg
5 knoffelhuisies, skoongemaak
3 – 4 groenvye in stroop, in klein sstukkies gesny 1 blokkie beesvleisaftreksel
250 ml kookwater
500 ml rooiwyn
15 ml vars roosmaryn
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Sous
500 ml pansappe van die boud
54 ml bisto
250 ml groenvyestroop

Metode
Voorverhit die oond tot 160 grade. Maak klein insnydings in die boud en stop die knoffel en die vye daarin. Los die vleisaftreksel blokkie op in die kookwater en voeg die rooiwyn en die roosmaryn by. Gooi dit oor die boud en geur die boud met sout en peper. Bak die boud vir ongeveer 1 uur 45 minute. Laat die vleis rus vir 10 minute. Plaas al die bestandele vir die sous in n kastol en kook dit tot dik en stroperig.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 384 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *