“‘n R50 noot”

‘n Baie bekende spreker het sy seminaar begin deur ’n nuwe R50 noot in die lug te hou. In die saal was 200 mense teenwoordig terwyl hy vra, “Wie wil graag die R50 noot hê?”
Hande begin op te gaan in die gehoor.

Hy sê, “Ek gaan die R50 noot aan een van julle gee, maar laat my eers toe om die volgende te doen.” Hy gaan voort en frommel die R50 noot op sodat dit sleg en gekreukeld voorkom.
Hy vra toe, “Wie wil steeds die R50 noot hê?”

Steeds is die hande van die gehoor in die lug.

“Wel,” antwoord, “Wat daarvan as ek dit doen?” En hy gooi die R50 noot op die vloer en trap en vryf die noot met sy skoen in die vuiligheid op die vloer.

Hy tel die noot op, nou erg verfrommeld en vuil. “Nou, wie stel nog belang in die R50 noot?”
Steeds is die hande in die lug.

“Vriende, julle het almal vandag ’n waardevolle les geleer. Maak nie saak wat ek gedoen het met die geld nie, julle het steeds daarin belang gestel want die noot het nie enige van sy waarde verloor nie. Dit was steeds R50 werd. Baie keer in ons lewens word ons verfrommel, laat val en in die grond in getrap deur besluite wat ons gemaak het en omstandighede wat oor ons pad kom.

Dit voel of ons nutteloos is, sonder enige waarde. Maar maak nie saak wat het gebeur nie of wat sal nog met jou gebeur nie, jy sal nooit waarde verloor nie. 
Jy is spesiaal – Moet dit nooit in der ewigheid vergeet nie!”

En dis is seker een van die kragtigste mooiste gebede wat ek nog gelees het!
AWESOME

HEMELSE VADER, 
Daar is KRAG in ons saam GLO en saam BID. 
Hou VAS aan jou DROOM, sê die HERE. 
Jou droom is nog glad NIE DOOD NIE. 
Dit LEWE!!! Moenie een NEGATIEWE WOORD uitspreek oor jou droom nie. 
Moenie sê dis alles VERBY NIE. 
Moenie sê EK het jou in die STEEK gelaat nie.
Moenie sê die droom was maar net UIT JOUSELF nie. 
Gee jou droom weer TERUG vir MY, sê die HERE. 
Sê met jou MOND: HERE, ek weet vir U is alle dinge MOONTLIK. 
Dankie vir U GOEIE planne en DROME vir my lewe. 
Ek sal aanhou om my DROOM WATER te gee. 
Ek sal aanhou om die onkruid van VREES en NEGATIWITEIT uit te trek. 
Ek sal aanhou om my DROOM te BEDINK en dit te VERTROETEL. 
Ek sal my droom OMHELS en KOESTER. 
Ek sal daaroor BID en dit met my MOND BELY in JESUS Naam. 
En HERE, ek sal aanhou om U te LOOF en te PRYS daarvoor. 
U WOORD sê: 
Alles is MOONTLIK vir die een wat GLO. 
Dankie JESUS. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 220 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *