RIA SE GEMMERBIER

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/

Ek kry altyd komplimente oor die resep..word gese’ dis soos hul ma/ouma dit gemaak het..

5cm stuk gemmerwortel geskil en gekneus..
kook dit vir so 10 min in 1 liter water…
voeg nog 4 Liter kouewater by…
4 kop witsuiker..
12,5 ml kremetart…
7ml bloubierpot pakkie gis..dis die groter kitsgissakkie..
handvol rosyne gekneus met pitte…’

Roer alles tot suiker gesmelt is.
Laat staan 12 ure, syg deur kaasdoek en bottel.
Voeg van die rosyne in elke bottel.
Jy kan die afsaksel/moer vir ‘n volgende keer bere, as ‘plantjie’.

Die volgende brousel is dan sterker wees, voeg weer alles net by die ‘plantjie’..hou in yskas..

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 322 times, 2 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *