Swerwers

Ons was nie baie lank in Angola nie. Ons is opgeroep vir die oorlog en nou is daar nie oorlog nie. So wat doen hulle met ons? Ons dwaal maar so in die noorde van Suidwes rond. Van die een plek na die ander plek toe.

 Ons groep kry toe mos die voorreg om een dag die kos trok te escort. Ons ry Ondangwa toe. Daar aangekom moet ons help om hierdie groot trok te laai. Die trok word voor die kos stoor geparkeer en ons staan ʼn ry lank van die stoor af na die trok toe.

 Maar iemand het ʼn gaping gesien. Die ry loop tot by die trok twee mense op die trok en een staan aan die agterkant van die trok langs die wiel. Die wiele van hierdie trok is groot gewees. Daar begin ons om die trok te laai. Die twee wat op die trok is moet ook tel hoeveel
 bokse van wat word gepak.

Ok hier begin die ketting met die boeliebief. As die stoorman, sê maar 30 bokse afgetel het, en uitgestuur het, het hy gestop, na die trok gegaan en die aantal bokse getel. Dan is daar ewe skielik net 29. Want die een boks het per ongeluk oor die kant van die trok geval.

 So het dit aangegaan. Met al die lekker goed soos kondensmelk het daar een boks verdwyn. Net voor ons gery het en die stoorman terug in die stoor ingegaan het, het die verlore bokse vinnig weer hulle pad gekry na die trok se bak toe. Watter feesmaal was dit nie gewees nie. Heelpad terug kamp toe het ons geëet en genoeg geët.

 Ons het teruggery en dit was al donker. Ons verdwaal in ons peetjie in. Ons laat weet die basis per radio dat ons verdwaal het, en sommer net daar gaan slaap waar ons ook al is. Die drywer trek nie eers die trok uit die pad nie en ons slaap sommer so om die trok in die pad. Ons het nie honger gaan slaap nie, want after all was die trok vol kos gewees.

 Die volgende oggend toe die son so mooi opkom besluit ons dat ons nou maar weer kan begin soek na ons basis. Die drywer start die trok en ref hom so paar keer. Net toe kraak die radio en die stem oor die radio vra “Het julle nou net die trok gestart ?” Ja se ons, ons het. Daar kom ons agter ons was nie eers ʼn kilometer van die kamp af gewees nie.

Heelaand op die sand geslaap waar ons in die kamp kon slaap in ons slaapsakke.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 150 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *