Aarbei Slaai met Basiliekruid

 

www.heleenmeyer.co.za en www.rsg.co.za

Bestanddele Slaai
250g aarbeie, in dik skywe gesny
’n handvol vars basiliekruidblare
’n handvol vars roketblare
1/2 komkommer, met ’n aartappelskilller in linte gesny
1 skyf fetakaas, gekrummel
30 ml (2 eetlepels) papawersaad
30 ml (2 eetlepels) basiliekruidpesto
45 ml (3 eetlepels) olyf- of avokado-olie
15 ml (1 eetlepel) appel- of vrugteasyn
sout en peper

Bestanddele Croutons
2 rolletjies, in growwe stukke gebreek
30 ml (2 eetlepels) olyf- of avokado-olie
2 knoffelhuisies, gekneus

Metode Croutons
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
Plaas brood, olie en knoffel in ’n groot mengbak en meng goed deur.
Plaas in ’n enkellaag op die bakplaat en rooster vir 10-15 minute of tot goudbruin en bros. Laat dit afkoel.

Metode Slaai
Plaas die aarbeie, basiliekruid, roket en komkommer op ’n groot slaaibord en krummel feta bo-oor.
Strooi die papawersaad oor.
Meng die res van die bestanddele vir ’n slaaisous en geur na smaak.
Sit die slaai saam met die croutons en slaaisous voor.

Wenke
Gebruik aarbeie en enige ander bessies, soos frambose en bloubessies.
Waatlemoen is ook lekker. Gebruik gerus ook ander vrugte of groente, wat in seisoen is, in die slaai.
Avokado, dun groenboontjies, of pere werk goed.
Meng avokado, hoenderrepies, gepeperde makriel, salm of kekertjies by die slaai.
Vervang croutons met avokado vir ’n glutenvrye slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 765 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *