APPEL BLATJANG:

Anna Eksteen

Bestanddele
1 kg groen appels 1 groot ui, gerasper
375ml bruinsuiker 375ml asyn
125ml lemoensap 3 brandrissies, fyn gekap
5ml gemaalde gemmer sout na smaak
3 knoffelhuisies, gekneus

Metode
1. Skil em ontkern appels.
2. Rasper die appels. Meng al die bestanddele goed saam.
3. Laat prut dit ongeveer 40 minute lank totdat die blatjang dik en souserig is.
4. Skep die blatjang in warm gesteriliseerde flesse en maak seker dat daar geen lugblasies vorm nie. Verseël dit.
5. Bewaar die blatjang op ‘n koel droë plek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,548 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *