Appelkose met ‘n hawermout-krummelkors

www.rsg.co.za

Bestanddele
6 appelkose
2 eetlepels (30ml) bruinsuiker

Hawermout-krummelkors
4 eetlepels (60 ml) botter, gesmelt
¼ koppie (±65 ml) bruinsuiker
½ teelepel (2.5 ml) neutmuskaat
1 teelepel (5ml) kaneel
½ koppie (125 ml) hawemout
100 ml koekmeel
knippie sout
2 eetlepels (30 ml) amandelvlokkies

Metode
Voorverhit die oond tot 200°C. Sny die appelkose middeldeur en verwyder die pitte. Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei en plaas die appelkose daarop. Sprinkel die suiker oor die vrugte en rooster vir 5-10 minute totdat die suiker begin karamelliseer. Verwyder uit die oond en hou eenkant. Meng al die bestanddele vir die krummelkors in ‘n mengbak. Verdeel die geroosterde appelkose tussen vier oondvaste bakkies. Skep ‘n laag van die krummelkors bo-oor en bak in die oond vir 10-12 minute tot goudbruin. Bedien met ongegeurde joghurt.

Variasie
Die appelkose kan vervang word met blokkies vars appels, pere of perskes.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 153 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *