AVOKADO GEVUL MET GEROOKTE SNOEK:

Anna Eksteen

Bestanddele
2 groot, ryp avokado’s                                               
100 g gerookte snoek, gevlok
varsgemaalde swartpeper                                           
50 ~ 60 ml mayonnaise
100 g gruyère-kaas, gerasper (250 ml)                       
60 ml droë broodkrummels
vinkel en suurlemoenwiggies vir garnering

Metode
Sny die avokado’s in die lengte in die helfte en ontpit.
Vul die avokadohelftes met die gevlokte, gerookte snoek.
Geur met varsgemaalde swartpeper.
Smeer mayonnaise eweredig oor elke helfte.
Meng die kaas en broodkrummels en sprinkel oor gevulde avokadohelftes.
Plaas avokadohelftes op ‘n bakplaat en plaas onder ‘n voorverhitte roosterelement vir ‘n paar minute, totdat die kaas net smelt.
Sit voor op mooi kleinbordjies en garneer met vinkel en suurlemoenwiggies.
Sit voor met growwe bruinbrood.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 464 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *