Geroosterde wortels en patats

www.rsg.co.za

Wortels en karwysaad is ’n bekende kombinasie. En as jy boonop patats daarmee saam rooster,is dit ’n heerlike bykos. Dis ook lekker saam met gebraaide vis of geroosterde hoender.

Bestanddele
250 g klein worteltjies, heel
250 g mediumgroot wortels, geskil en in die lengte in kwarte gesny
4 klein patats, met die skil in wiggies gesny
3 knoffelhuisies, in repies gesny
45 ml (3 e) olyf- of avokado-olie
10 ml (2 t) karwysaad
15 ml (1 e) heuning of sagte bruinsuiker
’n handvol vars kruisementblare

Metode
1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas al die bestanddele, buiten die kruisement, in ’n groot mengbak en meng die groente tot dit met die olie bedek is.
2. Plaas die groente op ’n groot bakplaat wat mer bakpapier uitgevoer is en rooster 30-40 minute, na gelang van die grootte van groente, tot gaar en goudbruin. Sit voor met kruisementblare.

Wenke
1. Botterskorsie kan ook gebruik word.
2. As karwysaad nie beskikbaar is nie, kan komynsaad gebruik word. Dit verleen ’n totaal ander geur aan die gereg.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 380 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *