Hoender en spek stokkies met ‘n bloubessie- en vyesous

www.ontbytsake.co.za

Bestanddele
6 hoender boersies sonder velle
2 pakkies spek
2 ml rissiepoeier
5 ml BBQ spesery
5ml komynpoeier
1 ui, fyn gekap
2 pakkies blou bessies
8 vye, geskil
1 suurlemoen se skil
200 ml olyfolie
15 ml botter
250 ml rooiwyn (ek het Merlot gebruik)

Metode:
Plaas die spek op ‘n bakplaat en sit in die oond op 200 grade vir ongeveer 10 minute. Maak suurlemoenolie deur olyfolie in ‘n pan te gooi met ‘n stukkie suurlemoenskil en verhit vir tien minute. Gooi daarna die suurlemoenskil uit.

Slaan al die hoender plat op ‘n snybord en sny in lang repies. Ryg die spek en hoenderrepies op ‘n sosatiestokkie en gooi die speserye oor. Braai in ‘n warm pan in die suurlemoenolie vir ongeveer 2 minute op ‘n kant. (As jou hoender dikker of wyer is sal jy dit langer moet braai.)

Gooi intussen die botter in ‘n ander pan en sit die ui in. Braai tot amper deurskynend. Gooi die bloubessies en vye by en braai vir 5 minute. Giet die wyn by en prut vir nog tien minute todat dit dik is. Voeg sout en peper na smaak by.

Bedien met ‘n slaai of skyfies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 164 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *