Johan se hoenderpot….

As daar nou een wenner is, is dit die hoenderpot wat ek jaarliks op ons vier-by-vier toer maak.

Bestandele:
Hoender dye
Uie
Olie
Groente in growwe stukke gesny
1 liter 100% lemoensap
470 gram Mrs Balls Blatjang
sout

Metode:
Braai die uie in olie in ‘n swart pot tot lekker bruin. Skep die bruin gebraaide uie uit en braai dan die hoender dye bruin in die swart pot. Voeg die lemoensap en blatjang by en kook fluks vir twee ure of tot sag.  Voeg die uie en dan die groente by.  Kook vir ongeveer 1 uur stadig tot die groente sag is en die sous deur gekook het. Hou die pot nat. Vir ‘n lang sous rasper so twee aartappels
in wanneer die groente bygevoeg word. Sout na smaak.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 530 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *