Johan se lasagne-pot

Maak hierdie lasange in ‘n swartpot op die oop vuur.
Die geheim is om stadig met ‘n rooi wyntjie te begin, want jou hitte moet laag wees.

Bedien 6 mense
Beskrywing:
Braai 2 gekapte uie, 1 pak vars sampioene en 1 pakkie gesnipperde spek saam.
Braai 1 kg maalvleis tot pienk, en voeg die uiemengsel by.
Pak lasagne bo-op die vleismengsel. [kan dit in twee lae ook doen]
Gooi twee blikke fyngekapte tamaties by.
Strooi 1 koppie cheddarkaas bo-op.
Bedek met 750 ml medium dikte witsous. Strooi weer ‘n koppie kaas oor.
Sit deksel op. Laat staan vir 45 min eenkant, en kook vir dan 30 minute op lae hitte.

Laat dan weer staan totdat die rooiwyn op is of vroulief begin dreig.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 457 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *