Korslose aspersietert

Bestanddele
1 pak ontbytspek
1 groot ui, gekap
250 g botter / margarien
250 ml koekmeelblom
1 blik aspersieslaaistukke
900 ml melk
250 ml gerasperde Cheddar-kaas
50 ml fyn gekapte pietersielie
10 ml aangemaakte mosterd
2 ml sout en knypie rooipeper
4 eiers geskei

Metode:
Smeer ‘n oondvaste bak van 30 x 20 x 5 cm. Braai spek en ui saam in ‘n groot dikboomkastrol totdat dit begin verbruin. Skep uit en hou eenkant. Smelt die margarien in dieselfde kastrol oor lae hitte en roer die koekmeelblom geleidelik by. Haal van die stoof af. Dreineer die aspersiestukke en vul die aspersie-
vloeistof met melk aan tot 1 liter. Roer die melk-mengsel geleidelik by die meel-mengsel. Plaas dit terug op die stoof, roer aan-houdend en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Haal van die stoof af en voeg uiemengsel, aspersiestukke, kaas, pietersielie, mosterd, sout en rooipeper by en meng. Klits die
eiergele met ‘n vurk en roer by en klits die eierwitte tot styf en vou dit in die aspersiemengsel in. Gooi die mengsel in die bak en bak dit sowat 40 minute op die middelste oondrak tot gaar en goudbruin bo-op.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,860 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *