KOUE AVOKADOSOP:

Anna Eksteen

Bestanddele
1 groot, ryp avokado, geskil en ontpit
500 ml hoenderaftreksel
250 ml melk
5 sprietuie, gekap
gerasperde skil en sap van ‘n ¼ suurlemoen
125 ml natuurlike jogurt
2 ml rooipeper

Metode

  1. Plaas alle bestanddele in ‘n voedselverwerker en verpulp tot mooi glad.
  2. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.
  3. Verkoel tot benodig.
  4. Garneer met gekapte sprietuie en sit voor met Melba-roosterbrood.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 221 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *