Beesvleis-pitas

www.ontbytsake.co.za

Genoeg vir 6 persone

Bestanddele
600 g lam/bees-maalvleis
1 ui
5 ml knoffel
5 ml komyn
2 ml rissiepoeier
5 ml gemengde kruie
5 ml sout
5 ml peper
125 ml sultanas
100 ml First Wonder Cabernet Merlot
2 E Dewfresh suurroom

Vir die Tzatziki:
½ komkommer
5 ml knoffel
250 ml griekse jogurt
2 ml sout
2 ml peper
5 kruisementblare
10 ml vinkelblare

Vir die uieringe:
2 uie, in dun sirkels gesny
125 ml suurroom
250 ml meelblom
750 ml kookolie vir braai

Vir die pitas:
6 pitas
2 koppies gemengde blare
2 radyse, in dun skywe gesny
1 beet, in dun skywe gesny
12 basiliekruidblare, fyn gesny

Metode:
Plaas die wyn en sultanas in ‘n pot en verhit tot dit kookpunt bereik. Laat dit afkoel. Die sultanas sal van die wyn absorbeer.

Om die frikkadelle te maak, gooi die maalvleis, fyngekapte ui, 5 ml knoffel, komyn, rissiepoeier, gemengde kruie, sout, peper, suurroom en sultanas in ‘n mengbak. Meng goed en verdeel in klein eetlepelgroottes. Rol in stywe bolletjies en sit in ‘n warm pan vir 2 minute tot die onderkant bruin gebraai is. Draai om en plaas in die oond op 200 grade vir 10 minute.

Om die uieringe te maak – laat lê die gesnyde uie in die suurroom. Verhit die kookolie in ‘n klein kastrol. Skud nou die ekstra room van die uieringe af en gooi in die meelblom. Skud dit weer af en gooi dit in die warm olie. Dit behoort na 2 minute heerlik bruin en krakerig te wees. Haal uit en plaas op kombuishanddoek sodat dit die olie kan absorbeer.

Om die tzatziki te maak, sny die komkommer fyn (of rasper dit) en gooi dit in ‘n skoon kombuishanddoek. Druk dan al die ekstra water uit. Gooi in ‘n bakkie met die res van die bestanddele en meng goed.

Sit die pitas vir 10 sekondes in die mikrogolf sodat hulle sag word. Sny oop en plaas al die vulsels binne in.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 105 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *