Lemoenpoeding

Dié  poeding  het  ‘n  fyn  koeklagie  bo-op en baie sous onder-in.

Bestanddele
2 eiers, geskei
250 ml suiker
100 ml koekmeelblom
250 ml melk
180 ml lemoensap
15 ml fyn marmelade
Fyngerasperde skil van 1 lemoen
30 ml gesmelte botter of margarien

Metode:
Voorverhit die oond tot 180C en smeer’n oondbak van 20 cm met botter. Klits die   eiergele  en  suiker   baie goed  tot  lig  en  dik.  Voeg  die  meel  en melk  by  en  roer  tot  gemeng.  Voeg  die lemoensap,           marmelade, skil en gesmelte  botter of  margarien  by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm  en  vou  in.  Skep in die gesmeerde bak en plaas in  die groter oondbak. Vul met water tot driekwart  vol. Bak  vir   45 minute tot goudbruin. Laat effens  afkoel en sit voor. Genoeg vir 4-6 mense.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,744 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *