Ligte Somerslaai met bosbessies en gerookte hoender

www.ontbytsake.co.za
Genoeg vir 6 persone

Bestanddele
2 gerookte hoenderborsies
160 g gemengde slaaiblare
80 g bronslaai (watercress)
125 ml bosbessies
125 ml dennepitte
1 komkommer in repies gesny
4 snye brood
80 ml olyfolie
1 lemoen se sap
1 lemoen se skil (gerasper)
1 suurlemoen se sap
250 ml olyfolie
knypie sout en pepper

Metode:
Sny die hoenderborsies in repies en was al die blare. Verhit die dennepitte in ‘n pan tot ligtbruin. Laat afkoel. Sny die korsies van die brood af en sny dan in klein blokkies. Sit ‘n stukkie bakpapier op ‘n bakplaat en gooi die blokkies brood en olyfolie op die bakplaat. Meng met jou hande en sit dit in ‘n matige oond vir ongeveer 15 minute tot dit bros raak. Meng halfpad deur. Laat die croutons afkoel. Maak nou die slaaisous. Voeg die lemoen en suurlemoensap met die skil in ‘n bakkie en klits die olie bietjie vir bietjie by. Voeg sout en peper by. Sit die slaai netjies bymekaar en gou die slaaisous oor, en laastens, die croutons.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 164 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *