Macaroni & Kaas (Tannie Leen)

Bestandele:
1 Pakkie Macaroni – Kook macaroni eenkant tot gaar
Olyfolie om by Macaroni te gooi wanneer kook.
Sout – Slegs by macaroni
½ pakkie Bacon in stukkie gesny
1 groterige blok Cheddar kaas
4 Groot tamaties
1 houertjie vars room
4 Medium grootte eiers
Botter

Metode:
Spuit bak met Spray & Cook.

Gooi lagie macaroni eerste in.
Dan lagie bacon (rou) (sny in stukkies, moenie heel hou nie)
Dan lagie Cheddar kaas (baie)
Dan lagie tamatie
Dan lagie macaroni
Dan lagie tamatie
Dan meng jy 1 houertjie vars room met 4 (medium size) eiers.
Klits goed en gooi oor.
Dan lagie cheddar kaas bo-oor (baie)
Sit heelwat klontjies botter bo-op en sit in oond
vir minimum van 45 minute.

Wenke: Gebruik ’n hele blok kaas.
Halwe pakkie bacon is genoeg vir 4 mense.
Hang af van die grootte van jou bak.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 459 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *