MIAMI CHOW MEIN (Soet-suur varkrepies)

Bestanddele
1 pak lintnoedels (of Chow Mein noedels of rysnoedels)
500g varkrepies
½ bottel MIAMI Gherkin Relish
1 teelepel fyn knoffel
2 eetlepels sojasous
1 eetlepel suurlemoensap
1/3 koppie fyn gekapte grondboontjies OF amandels
Olie vir braai
1 pak Gevriesde Oriental Mix OF vars roerbraai groente

Metode
Week die noedels in kookwater vir 10 tot 12 minute (bedek met kleefplastiek wanneer klaar).
Roerbraai groente, skep uit en hou eenkant.
Braai varkrepies in olie tot ligbruin en geur met sojasous.
Voeg knoffel en gemmer (opsioneel), grondboontjies en suurlemoensap by vleis, asook die groente en halwe bottel MIAMI Gherkin Relish.
Prut vir 5 minute
Dreineer noedels en bedien met vleisgereg en slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 312 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *