Napier Viskoekies

Bedien 5 mense

Bestandele:
4 gaar aartappels, in blokkies gesny
1 blik sardyne (pilchards) in tamatiesous 1 blik geroomde suikermielies
1 ui
3 eiers, geklits
250 ml bruismeel
handvol pietersielie
sout en peper na smaak

Metode:
Maak aartappels fyn, meng die hele lot, maak plat koekies, en bak in vlak olie tot gaar.

Skeepswrak Variasie:
Braai die gesnipperde uie tot bruin en dreineer. Voeg twee snye droe brood, pietersielie en twee eiers by Meng alles goed. Voeg enige vis of vleis by. Bak in matige olie met sout en peper [of Maggy Fondor] na smaak.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 428 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *