PAMPOENBLATJANG:

Anna Eksteen

Bestanddele
1 kg pampoen geskil, ontpit ,in blokkies gesny
2 groot uie gekap
250 g sultanas
1,25 liter asyn
125 ml suiker
60 g mosterdpoeier
20 ml sout
15 ml borrie
5 ml fyn naeltjies
1 ml gemengde speserye.

Metode
Plaas pampoen, uie, sultanas en asyn in ‘n kastrol en kook tot sag. Plaas pampoen en uie, tesame met res van die bestanddele in ‘n voedselverwerker of versapper en maak fyn. Indien te styf, voeg
bietjie van die asyn waarin die pampoen gekook is, by. Skep in gesteriliseerde bottel en verseël.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 108 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *