TERTJIES MET GEKARAMELISEERDE UIE EN BOKMELKKAAS

Lewer 4 tertjies

Bestanddele
2 rooi-uie, in fyn skywe gesny
1 eetlepel balsemasyn
2 eetlepels suiker
1 rol gekoopte skilferkorsdeeg
100 g chevin-kaasrolletjie, in 4 dik sirkels gesny
vars tiemie
1 eiergeel, geklits

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Soteer die uie in ’n braaipan tot sag en deurskynend. Voeg die balsemasyn en suiker by en karameliseer 5 minute. Verwyder van hitte en hou eenkant. Rol die deeg e ens dunner en sny 8 sirkels met ’n diameter van 10 cm elk uit die deeg. Plaas 4 van die deegsirkels op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Sny nou sirkels van omtrent 8 cm uit die oorblywende 4 deegsirkels sodat jy 4 deegringe van 2 cm elk kry. Bestryk die rande van die deegsirkels op die bakplaat met eiergeel en sit een deegring op elk van die 4 sirkels om ’n rand te vorm. Skep ’n eetlepel van die gekarameliseerde uie in die holte van elke deegsirkel en sit dan ’n dik sny chevin-kaas op die uie. Bestryk die deeg weer met eiergeel en sit ’n tiemietakkie op elke tertjie. Plaas die bakplaat in die oond en bak 10 minute totdat die tertjies ’n goudbruin kleur het en die kaas e ens versag het.
Laat 5 minute a oel en sit voor saam met ’n slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 435 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *