Matt.4 26

Woensdag 11 Februarie 2015 Tema: Hou koers bly gefokus 3
****My eie woorde
****Vanoggend se gedeelte is bietjie lank maar ek sou die verhaal
skade aandoen as ek dit teveel sou verkort. Indien jy ‘n nuwe
intekenaar is stuur gerus jou verjaasdag datum aan.
Matt.4 26 En toe die dissipels Hom op die see sien loop,
word hulle ontsteld en sê: Dit is ‘n spook! En hulle het
geskreeu van vrees. 27 Maar Jesus het dadelik met
hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek!
Moenie vrees nie. 28 En Petrus antwoord Hom en sê:
Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te
kom. 29 En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af
en loop op die water om na Jesus te gaan.
****Wat ‘n merkwaardige verhaal. Net die vorige dag beleef
die dissipels hoe Jesus die skare voed 5000 manne
sonder die vroue en kinders. Dan forseer Jesus hulle om
op die skuit te klim en hy gaan alleen die berg op om te
bid. Die golwe word erg en dan sien hulle die gedaante
en hulle skreeu van vrees. Ag, en uit die storm kom Sy
bekende stem: ” Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie
vrees nie. ” Tog hoor ons voortvarende Petrus ….Here
AS dit U is…… en Jesus antwoord Petrus en sê : ”
Kom….” Maar Petrus verloor sy fokus, en hy fokus op die
wind en die storm en kyk wat gebeur….V 30 Maar toe hy
die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy
begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!
****Plaas jouself in Petrus se plek. Jy fokus op die golwe en
die storms wat om jou woed en soos Petrus roep jy
hulpeloos uit vanoggend HERE red my! Wat doen Jesus
ons Here? Hy los nie vir Petrus dat hy sink en sê Ag, wel
Petrus jy het nie genoeg geloof gehad nie so dra maar die
gevolge van jou kleingelowigheid nie, O! Nee!
Jesus steek sy hand DADELIK uit en Hy het Petrus
GEGRYP!! Daarom wil ek vanoggend vir jou ook sê:
Kleingelowige waarom het jy getwyfel……die Here doen
nie halwe werk nie. Tog laat die Here toe dat ons eers
sink want anders het ons teveel plannetjies van ons eie
Matt 14V 31 En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek
en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige,
waarom het jy getwyfel?
32 Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.
****Net so kan die winde in jou lewe gaan lê wanneer jy aan
Jesus vashou.
GETUIENISSE en TERUGVOER
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 11 Februarie 2015
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Rina Barnard 11 Feb.
Elmarie Luus 11 Feb
Cliff Wright 11 Feb.
Renatha Fourie 11 Feb
Roseline.Davids 11 Feb
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 71 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *