BLOMKOOL KERRIE:

Anna Eksteen

Bestanddele
83 ml verhelderde botter
2,5 ml medium kerriepoeier
1 mediumblomkool, in blommetjies gebreek
250 ml gewone jogurt
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
4 naeltjies
2 kardemompeule, gehalveer om saadjies vry te laat
8 swartpeperkorrels
2 lourierblare
5 ml koljandersaad
2-cm-stuk kaneelstokkie
5 ml vars rissie, fyn gesny
250 ml groenteaftreksel
koljanderblare om voor te sit

Metode
Verhit 30 ml verhelderde botter in ‘n groot swaarboomkastrol.  Voeg kerriepoeier en blomkool by en roerbraai 5 minute oor matige hitte.  Skep blomkool uit kastrol en meng met jogurt. Verhit die oorblywende verhelderde botter in dieselfde kastrol, voeg ui en knoffel by en roerbraai sowat 10 minute oor stadige hitte tot goudkleurig.  Voeg naeltjies, kardemom, peperkorrels, lourierblare, koljandersaad en kaneelstokkie by en braai 2 minute.  Roer rissie, blomkoolmengsel en groente aftreksel by en prut 10 minute. Geur na smaak en sprinkel koljanderblare oor.  Sit voor op rys saam met tamatie- en-komkommer sambalslaaie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,857 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *