BLOMKOOL MET PIETERSIELIE WITSOUS:

Anna Eksteen

Bestanddele
1 middelslag blomkool                                               
15ml wit asyn
1 liter kookwater                                                        
5ml sout

PIETERSIELIEWITSOUS
50ml botter                                                                 
50ml koekmeelblom
375ml verhitte melk                                                   
2 lourierblare
4ml mosterdpoeier                                                     
2ml fyn neutmuskaat
4ml sout                                                                     
knippie peper
30ml pietersielie, fyn gekap

Metode
Laat die blomkool onderstebo in ‘n bak koue water, waarby die asyn gevoeg is, week – ongeveer 20 minute lank. Spoel dit onder lopende water af. Trek die blare af en sny die stronk met ‘n skerp messie skoon. Breek die blomkool in blommetjies. Plaas die blomkool, kookwater en sout in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt. Plaas die deksel gedeeltelik op en laat dit 8-10 minute lank oor matige hitte prut, of totdat dit sag is.

Berei die pietersieliewitsous: Smelt die botter oor lae hitte in ‘n klein kastrol.  Verwyder dit van die hitte en roer die koekmeelblom met ‘n houtlepel by.  Plaas die kastrol weer terug op die stoof en laat dit 1-2 minute lank kook terwyl dit aanhoudend geroer word.  Hierdie stap is baie belangrik, want die koekmeelblom verkry so ‘n neutagtige geur en word gaar. Verwyder van die hitte en roer die melk geleidelik by. Voeg die lourierblare, mosterdpoeier en neutmuskaat by.  Laat dit oor ‘n matige hitte kook totdat dit begin verdik.  Roer dit aanhoudend.  Sodra die witsous begin verdik, stel die plaat af na laag.  Roer dit nou met ‘n draadklitser. Geur die witsous met die sout en peper. Voeg die pietersielie by.

Lewer 4 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 120 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *