Anna Eksteen
Bestanddele
25ml olyf of sonneblomolie
2 uie, geskil,& in dun skywegesny
500g lamskenkels, in skywe gesny
1 brandrissie, ontpit & fyn gekap
12.5ml grof gemaalde koljandersaad
500g botterskorsie, geskil
250g wortels, geskil, in skywe gesny
2 tamaties, fyn gekap
½x410g-blik tamatieroomsop
250ml hoenderaftreksel
125ml wit wyn
Metode
Braai uie, lamsvleis, brandrissie en koljandersaad vinnig in warm olie. Sny botterskorsie in blokkies en roer dit en die wortels na 10 minute by. Voeg die res van die bestanddele by, bedek en prut vir 30-35 minute tot groente en vleis gaar is. Geur na smaak met sout en peper. Lewer 4 porsies.
(Visited 403 times, 1 visits today)
Advertisements