Anna Eksteen
2 botterskorsies
½ groen soetrissie
1 pynappel
‘n paar slaaiblare
Metode
Skil en rasper die botterskorsies. Maak die pynappel skoon en sny ongeveer ¼ in blokkies . Rasper die orige. Sny die soetrissie in blokkies. Meng die gerasperde botterskorsie en pynappel in ‘n mengbak. Plaas die slaaiblare onder in ‘n plat slaaibak en skep die botterskorsie mengsel daarin. Meng die pynappel en soetrissieblokkies en rangskik bo-op die slaai. Verkoel. Lewer 4-6 porsies.
(Visited 846 times, 1 visits today)
Advertisements