DOMKOP SOUSKLUITJIES:

Anna Eksteen
3 koppies melk
3 gelykvol eetlepels mielieblom
3 eiers (wit en geel geskei)
suiker na smaak
knippie sout
½ koppie gesmelte margarien
kaneelsuiker vir oorstrooi

Metode
Stel die oond op 160C.
Klits eierwitte tot styf. Klop eiergele.
Kook die melk. Meng mielieblom, suiker en sout met ‘n bietjie water in ‘n beker tot ‘n gladde pasta.
Voeg geklopte eiergeel by en voeg dan die kookmelk by.
Gooi alles in kastrol en kook tot gaar. Roer gedurig.
Haal van hitte af en voeg styfgeklitste eierwitte by.
Vou in met slaplem mes.
Doop dessertlepel in gesmelte margarien.
Skep lepelsvol van mengsel in glasbak.
Doop telkens in die margarien.
Strooi kaneelsuiker oor elke laag.
Gooi orige margarien bo-oor, en sit deksel op bak.
Plaas in oond tot gebruik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 647 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *