DUITSE FRANKFURTER KASSEROL

Bestanddele
500 g frankfurters, in 2,5 cm-stukke gesny
1 pakkie (100 g) pitlose olywe
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
200 g vars groenboontjies, in stukkies gesny
1 ui, fyn gekap
1 blik (410 g) tamatieroomsop
15 ml (1 e) suiker of 10 ml (2 t) soet brandrissiesous
2 ml (½ t) sout
2 ml (½ t) paprika
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
15 ml (1 e) pietersielie, fyn gekap

Metode
Voorverhit die oond tot 160 °C. Spuit ’n oondbak met kleefwerende kossproei. Meng al die bestanddele behalwe die pietersielie en skep dit in die voorbereide oondbak. Bedek met tinfoelie en bak sowat 30 minute of tot gaar. Garneer met pietersielie en sit voor met aartappels en suurkool.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 132 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *