Franse roosterbrood met ‘n kinkel

Bestanddele
1 koppie (250 ml) gaar botterskorsie
1½ koppie (375 ml) melk
1 eetlepel (15ml) mielieblom
1 teelepel (5ml) kaneel
½ teelepel (2,5ml) gemmer
knippie gemaalde naeltjies
1 teelepel (5ml) vanieljegeursel
1 baguette / Franse brood, in ±3 cm snye gesny
2 eetlepels (30ml) botter

Metode
Gebruik ‘n voedselverwerker en verwerk die botterskorsie tot ‘n gladde puree. Meng ‘n bietjie van die melk by die mielieblom om ‘n pasta te maak, en voeg dit by die botterskorsie. Klits die res van die bestanddele by. Giet die mengsel in ‘n vlak houer en laat die brood daarin week vir ±3 minute aan elke kant. Verhit die botter in ‘n braaipan en braai die brood vir 1-2 minute aan albei kante tot goudbruin.
Bedien met bros spek, roomkaas en heuning.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 161 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *