GLANSWORTELS MET UIE EN ERTJIES:

Anna Eksteen
‘n Heerlike groentegereg vir die winter.

Bestanddele
750 g geskilde klein uitjies
500 g geskraapte jong geelwortels
30 ml botter
30 ml suiker
7,5 ml gegeurde seesout
30 ml appelasyn of suurlemoensap
125 ml water
500 ml bevrore ertjies
60 ml gekapte pietersielie vir garnering

Metode
Plaas al die bestanddele behalwe die ertjies en pietersielie in ‘n groot swaarboombraaipan en bedek met nat botterpapier. Druk die papier goed vas. Sit ‘n deksel op die pan oor die papier. Kook oor hoë hitte tot al die water weggekook het. Verwyder die papier en skud die pan aanhoudend tot die sous begin karamelliseer en ‘n goudbruin lagie rondom die groente vorm. Voeg ertjies by en laat net 2 minute lank goed deurwarm word. Sprinkel ruim met gekapte pietersielie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 170 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *