Koeskoes-slaai

www.rsg.co.za

Bestanddele
250 ml (1 k) koeskoes (gewone of volgraan)
250 ml (1 k) warm hoender- of groente-aftreksel
olyfolie na smaak
10 songedroogde tamaties, in repies gesny (opsioneel)
fyngerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
5 – 7,5 ml (1 – 1½ t) gemaalde komyn
handvol vars kruisementblare, grof gekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode
1. Plaas koeskoes in ’n groot mengbak. Skink warm aftreksel oor en laat 5 – 10 minute staan.
2. Maak die koeskoes met ’n vurk los, roer deur en giet ’n bietjie olyfolie oor. Roer die res van die bestanddele liggies deur en geur na smaak.
3. Sit as bykos voor, saam met geroosterde vleis of met pangebraaide hoender of vis.

Wenk
1. Vir ’n meer vullende slaai, voeg enige oorskiet oondgeroosterde groente of vars groente soos kersietamaties, wortels of mielies by die koeskoes.
2. Indien verkies, kan feta, olywe en meer kruie by die koeskoes ingeroer word. ’n Verskeidenheid vars kruie wat in seisoen is, is ook heerlik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,184 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *