Lensieslaai met kruisement en suurlemoen

www.rsg.co.za

Slaai
250 ml (1 koppie) bruin lensies
250 ml (1 koppie) bevrore ertjies, afgespoel
100 g broccoli, in blommetjies gesny
9 Peppadews (pikantrissies), in repies gesny
100 ml vars kruisementblare

Slaaisous
45 ml (3 eetlepels) avokado- of olyfolie (helfte suurlemoen-gegeurde olie sal lekker wees)
25 ml (5 teelepels) appelasyn
10 ml (2 teelepels) fyngerasperde suurlemoenskil
45 ml (3 eetlepels) suurlemoensap, of meer na smaak
1 klein knoffelhuisie, gekneus
5 ml (1 teelepel) heuning
30 ml (2 eetlepels) gekapte vars kruisement
sout en peper

Metode Slaai:
Plaas lensies en 625 ml (2½ koppies) water in ‘n kastrol. Verhit oor matige hitte tot kookpunt. Plaas die deksel op, verlaag die hitte en prut 20 – 25 minute. Plaas die ertjies en broccoli vir die laaste 5 minute van die kookproses op die lensies en prut tot die groente en lensies net gaar is. Dreineer en spoel met koue water af. Slaaisous: Meng die bestanddele saam en geur na smaak. Meng die helfte van die slaaisous met die lensies en groente en roer die res van die bestanddele by. Geur na smaak. Sit met die res van die slaaisous voor.

Wenke
Vars avokado sal heerlik wees in die slaai wees. Pak die slaai in vir ‘n piekniek, of kyk selfs uit vir so ‘n slaai by ‘n volgende kosmark – dis nogal gewild.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 244 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *