Liesbet se lekkerte (Koekstruif)

www.rsg.co.za

Bestanddele
1 sjokolade rolkoek, in ringe gesny
Van der Hum of Amaroela-likeur
1 pakkie Marachino-kersies
2 houers gladde maaskaas
1 blikkie kondensmelk
½ koppie suurlemoensap
1 koppie gevlokte amandels
1 Flake-sjokolade, gekrummel

Metode
Plaas die helfte van die rolkoek se ringe onder in ‘n glasbak. Bedruip dit met die likeur. Meng die maaskaas met die kondensmelk en suurlemoensap. Plaas die helfte hiervan op die rolkoek, gevolg deur die helfte van die kersies, die helfte van die amandelvlokkies, en die helfte van die sjokolade. Herhaal die lae. Dit kan drie dae in die yskas hou.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 267 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *