Lukas 14:17

Lukas 14:17 Toe die maaltyd gereed was, stuur hy sy slaaf om vir die genooides te sê: ‘Kom, die maaltyd staan klaar.’

In vers 18 lees ons dat almal verskoning gemaak het.

Die Here maak ‘n tafel gereed vir ons. ‘n Tafel vol oorvloed. ‘n Tafel waar ons kan sit en eet en deel in die Here se genade.

Wat doen ek? Nee Here ek is laat vir werk ek kan nie nou tafel toe kom nie. Nee Here ek wil net gou die TV Program klaar kyk voordat ek na Jou tafel toe kom. Here ek wil net gou Spar toe gaan om suiker te gaan koop.

Hoekom het ek altyd tyd vir alles en almal en dan staan ek net so paar minute aan die Here af.

Hoe belangriker die Here in my lewe word, hoe meer kan ek deel in Sy oorvloed. Die Here wag net vir my om Hom in die eerste plek te stel.

O Here en Hemelse Vader, Ek dank U vir alles wat ek uit U hand ontvang. O Here sëen elkeen wat ek in aanraking mee kom vandag.

In Jesus naam

Amen

 

 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 56 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *