Mal 2:13 ~ Vergewe

Woensdag 25 Februarie 2015 Tema: Spreek vry – vergewe 3
****My eie woorde
****Weet julle ek het nog nie iemand raakgeloop wat vir my “nee”
gesê het nie, wanneer ek opreg vra “ Is jy bereid om my te vergewe “
Het jy al jou kind om vergifnis gevra as jy wéét jy het
verkeerd opgetree as ouer? Dan die ander kant van die munt, jy
weet iemand het iets teen jou. Jou gewete kla jou aan .
Mal 2:13 En boonop doen julle dít: julle bedek die altaar van die
HERE met trane, met geween en versugting, omdat Hy Hom nie
meer wend na die offer nie en dit van julle hand nie aanneem as
welgevallig nie.
Matt 5:23 As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar
byval dat jou broeder iets teen jou het,
Matt 5:24 laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen
jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.
Matteus 5:9 Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van
God genoem word.
****Het jy al gewonder waarom lyk dit asof die Here nie meer hoor
nie. Kyk wat sê Matt 5, as ek kom bid en dit val my by dat iemand
ANDERS iets teen my het…..dan moet ék eers gaan regmaak.
Sjoe! dis nie maklik nie nê.
GETUIENISSE en TERUGVOER
Anoniem skryf :
Verlede week gebeur daar iets in my lewe en ek besef dat ek iemand
moet vergewe vir die seer wat hulle vir my veroorsaak het ‘n paar jaar
terug al. Ek het nie geweet hoe om REGTIG te vergewe nie. En wat is
die week se stuk wat jy praat oor, vergifnis! Dit raak my baie na aan my
hart en ek wil dankie sê vir die Here dat Hy jou beveel het om oor
vergifnis te praat die week.
****Ek kan net hierop sê: “AMEN”
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 25 Februarie 2015
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Madel Ashenden 25 Feb
Johan van Niekerk 25 Feb.
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 61 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *