Matt. 6:5

Woensdag 18 Februarie 2015 Tema: Tyd om te bid 3
****My eie woorde
**** Vanoggend se gedeelte is dan juis waar Jesus die skare leer
net na die saligsprekinge. Een van die goed wat Hy aanraak is
dan juis om deur mense gesien en gehoor te word. Baie mense
sal nou vinnig sê : “ Ja, ek ken so ene…” My vraag is wat van my
en jou. Ek luister nou een aand na ‘’n prediker wat juis oor gebed
praat en hy het dit so mooi gestel toe Hy sê: Gaan in jou kamer en
praat met jou Hemelse Vader daar waar julle alleen is, moenie dit
‘’n item op die kerk se agenda maak nie , praat uit jou hart “ Glo jy
vir my dit het opnuut my gesprek met ons Vader verander. Jesus
voeg dan by waar Hy sê: “ jou Vader “ dis nogal persoonlik . Dan
sê Hy verder dat Hy in jou hart sien en Hy sal jou help. Hou
vandag daaraan vas. 
Matt. 6:5 En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die
geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en
op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense
gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.
V6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur
en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die
verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
GETUIENISSE en TERUGVOER
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 18 Februarie 2015
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Wilfred Barth 18 Feb.
Erica van Jaarsveld 18 Feb.
Nuchae Botha 18 Feb.
Mariaan Jonker 18Feb
Marie v Staden 18 Feb
Michele Papenfus 18 Feb
Marushka Horn 18 Feb.
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 63 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *