Pasta met soetsuur varkvleis

www.ontbytsake.co.za

Bestanddele
Pasta van jou keuse
1 steranys
30 ml mielieblom/Maizena
800 g Varkvleissnit van jou keuse
30 ml Willow Creek Basiliekruid gegeurde olyfolie
2 uie
2 knoffeltone
1 soetrissie
2 ml gemaalde gemmer
2 cm vars gemmer, fyn gekap
500 ml jong spinasie
100 ml mosterd-mikroblare
80 ml swart sesamsade of fyngekapte neute
80 ml asyn
30 ml suiker
80 ml Dewfresh Groente aftreksel

Metode:
Kook die pasta en steranys in soutwater tot al dente. Verhit die olie in ‘n pan en braai die knoffel, gemmer en uie daarin tot deurskynend. Verwyder van die hitte. Sny die varkvleis van jou keuse in strokies en rol in die mielieblom. Skud die oortollige mielieblom af en gooi in ‘n warm pan. Verbruin die vleis, voeg spinasie en soetrissie by. Voeg die uiemengsel daarby asook die asyn, suiker en aftreksel. Laat prut tot die sous verdik. Gooi oor die pasta en bedien met die mikroblaartjies, vars spinasie en sesamsade/neute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 244 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *