Bestandele
(Gebruik hoeveelhede volgens smaak)
Soet ryp kaalgatperske, gewas en in skywe gesny
Parmaham of enige goeie papierdun gesnyde ham bv pancetta
Vars roketblare
Fetakaas, gekrummel
Olyfolie
Balsamiekasyn
Metode
Draai die parmahamskywe afsonderlik
om elke perskeskyfie. Verhit intussen
olyfolie in ‘n pan en braai die ham – en
– perskerolletjies tot bros. Bedien dit onmiddellik op vars roketblare en bedruip met olyfolie en balsamiekasyn.
Krummel Fetakaas oor en siedaar –
makliker en smaakliker kan dit wragtag
nie.
(Visited 765 times, 1 visits today)
Advertisements