Portugese Toebroodjie

www.ontbytsake.co.za

Genoeg vir 6 persone

Bestanddele
10 ml Willow Creek basiliekruidgegeurde olyfolie
2 wit uie, fyn gekap
2 knoffeltone, fyn gekap
250 g kersietamaties, gehalveer
60 ml appelasyn
125 ml rooi wyn
40 ml tamatiepasta
2 loerierblare
10 ml gemengde kruie
8 ml paprika
60 ml pietersielie, fyn gekap
2 Gesondheidsbrode
15 ml Willow Creek Blood Orange gegeurde olyfolie
±80 cm chorizoworsies in skyfies gesny
1 rooi ui, fyn gekap
1 mielie se pitte of ‘n halwe blikkie pitmielies
1 Granny Smith Appel, in fyn blokkies gesny
Bietjie suurlemoensap
250 ml gemengde slaaiblare, eetbare blomme en saadjies
15 ml swart sesamsade
Sout en peper na smaak

Metode:
Braai die wit uie en knoffel in die basiliekruidgegeurde olyfolie tot ligbruin, voeg die kersietamaties by en braai oor ‘n lae hitte vir ongeveer 5 minute. Voeg die appelasyn, wyn, tamatiepasta en bay leaves by en laat prus vir ongeveer 15 minute tot meeste van die vloeistof weg is. Voeg die gemengde kruie, paprika en pietersielie by asook sout en peper na smaak en hou eenkant.

Braai dan die rooi uit, pitmielies en appelstukkies in die Blood Orange gegeurde olyfolie vir ‘n paar minute. Voeg die Chorizoworsies by en laat braai die meeste vet uit. Voeg suurlemoensap sowel as sout en peper na smaak by.

Sny die saadbroodjies in snye en rangskik dit in toebroodjies wat op hulle sy lê met die twee verskillende vulsels tussen elke sny brood. Sprinkel ‘n ekstra bietjie olyfolie oor die snye brood en strooi swart sesamsade oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 220 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *