RATATOUILLE SLAAI:

Anna Eksteen

Bestanddele
1 groot ui, gekap
2-3 knoffelhuisies, gekap
100 ml olyfolie
2 middelslag eiervrugte, in ringe gesny
2 soetrissies
500 g jong murgpampoentjies, in skywe gesny
1 x 410-g-blik tamaties, grof gekap
50 ml gekapte pietersielie
5 ml droë roosmaryn
5 ml droë tiemie
5 ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak

Metode
Soteer die ui en knoffel in 15 ml olyfolie tot dit deurskynend is.  Borsel die eiervrugte met olyfolie. Plaas op die rakkie van ‘n oondroosterpan en rooster tot bruin.  Draai die skywe om, borsel nog kook- of olyfolie oor, en rooster tot bruin aan die ander kant.  Halveer die soetrisies.  Plaas saam met die eiervrugte op die rakkie van die roosterpan en rooster tot blasies vorm en die  soetrissies byna swart is.  Verwyder die pitte en trek die vel af.  Sny die soetrisies in skywe. Voeg die res van die bestanddele behalwe die olyfolie by die rissies en prut 15 minute lank of tot die groente gaar is. Laat afkoel.  Sprinkel olyfolie oor en meng alles liggies saam.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 121 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *