SNOEKBROODJIE:

Anna Eksteen

Bestanddele 
1kg vars snoek
5ml sout
peper na smaak                   
50ml mielieblom
500ml afgeroomde melk                
125ml room
15ml Worcestersous                   
25ml uiesap
gerasperde neut                      
25ml droë broodkrummels
suurlemoen wiggies en pietersielie

Metode
Maal die vis 2 keer, en voeg laaste keer sout, peper, en mielieblom by.  Maal dit ‘n derde keer terwyl melk bygevoeg word.  Plaas mengsel in die bak van ‘n elektriese menger.  Voeg die room baie stadig by en klits aanhoudend.  Klits die Worcestersous, uiesap en neut by.  Die mengsel moet die tekstuur van dik room hê.  Smeer ‘n broodpan van 22x12x7cm.  Besprinkel die boom met fyn krummels en giet die vismengsel daarin.  Bedek met blad-aliminium en sorg dat dit styf pas. Plaas in ‘n pan met warm water.  Bak sowat 1 uur en 15 minute by 180º C.  Laat ‘n ruk in die pan staan. Keer uit en hou warm.  Garneer met pietersielie en suurlemoenwiggies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 162 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *