Springbok ‘steaks’ in tamatiesous op ‘n bed van polenta

Bestanddele
Vir die sous:
10 ml Willow Creek Basieliekruid gegeurde olyfolie
10 ml Willow Creek Jalapeño gegeurde olyfolie
1 blikkie gekapte tamaties
2 knoffeltone
200 g spek
6 sprietuie
1 pakkie tamatiepasta
125 ml Willow Creek groen olywe, ontpit

Vir die vleis:
800 g Springbok ‘steaks’
Sap van een suurlemoen
Sout en peper

Polenta:
1 koppie rou polenta
3 koppies hoenderaftreksel
50 g botter
Sout en peper na smaak
30 ml Willow Creek Directors Reserve olyfolie

Gepiekelde rooikool
1 koppie rooikool
1 E suiker
3 E asyn
2 E rooiwyn
2 E warm water
Sout en peper
5 ml komynsade

Metode:
Vir die sous:
Braai die spek in die twee verskillende olyfolies. Voeg die knoffel en sprietuie by en braai tot gaar. Voeg die tamatiepasta en blikkie gekapte tamaties by. Geur met sout en peper na smaak. Voeg die olywe by en laat prut die sous vir ongeveer 15 minute.

Vir die vleis:
Geur die vleis met sout, peper en suurlemoensap en braai vir 2 minute aan ‘n kant in ‘n bietjie olyfolie. Voeg dan by die tamatiemengsel en laat word verder gaar.

Polenta:
Kook die polenta in hoenderaftreksel, sout, peper en botter. Gooi in ‘n gesmeerde pan en laat afkoel. Sny in blokke wanneer dit koud is en braai bros in ‘n bietjie olyfolie.

Gepiekelde Rooikool:
Sny die rooikool fyn en voeg al die ander bestanddele daarby. Laat staan vir ongeveer 30 minute, dreineer en bedien.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 106 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *